Sport

Ons is lief ❤ vir sport. Dit bou karakter! Ons kompeteer op alle terreine en vlakke. Ons A-spanne speel in toernooie soos Wilderklawer waar ons ons teen die top-skole moet meet, maar ons B & C-spanne kry ook ʼn geleentheid om te verbeter en om in die vreugde te deel.
Ons toer graag en geniet die ervaring wat dit bied.
Op ons spesiale sporttoekenningsaand kry alle leerders wat Provinsiale of Nasionale kleure verwerf het erkenning.
Dis ʼn prestige geleentheid met top sportgelui wat as gassprekers die aand met ons deel.

Die eerste rugby , krieket en netbal spanne is onoorwonne in die liga.

Ons neem ook deel aan prestige toernooie soos die by Grey en Glenwood.

Newton is die gasheer van die Wildeklawer toernooi. Ons krieket is deel van ‘n vierhoekige toernooi waarvan Paarl Gim en Outeniqua ook deel is.

 

Chloe Ehlers behaal 'n silver medalje op SA tweekamp byeenkoms. Newton span word aangewys as beste skoolspan in SA. Baie geluk !!!

 

 

Wildeklawer opening

Pro 20 wenners